Jesus en die Christelike godsdiens is nie dieselfde ding nie!

Soms moet ‘n mens net weer ‘n ding op ‘n nuwe manier hoor om weer ‘n slag nuut te gaan dink daaroor.

Veral as ‘n mens, soos ek, met die Christelike godsdiens van kindsbeen af groot geword het.

Dit is dan wanneer iemand soos Louis Malherbe destyds Afrikaanssprekendes tot in hulle fondasie geskud het toe hy op sy humoristiese manier gesê het: Die feit dat jy kerk toe gaan, maak nie van jou ‘n Christen nie.  Dit is net soos om in ‘n garage te slaap en dan te dink dit maak van jou ‘n motorkar!

‘n Jongman met die naam, Jefferson Bethke, het ‘n kort gedig van vier minute op video gaan verfilm en op die internet gaan plaas met die titel, Why I Hate Religion, But Love Jesus, as deel van sy getuienis oor wat volgeling-van-Jesus en deel-wees van Sy Liggaam op aarde werklik vir hom beteken.

Kyk ‘n bietjie hierna en dink weer ‘n slag oor hierdie belangrike saak:

http://www.youtube.com/watch?v=1IAhDGYlpqY

 

 

Advertisements