‘n Rigtingverandering in besigheid

Een van my goeie vriende is Brett Johnson wie se bediening, Repurposing Business, werklik ‘n reuse verskil gemaak het oor die jare in honderde Christenbesigheidsmanne se lewens.

Dit het CBN se oog gevang en hulle het die volgende hieroor te sê:

Christians take ministry into the workplace

Maar luister ‘n bietjie self na Brett as hy praat oor dit wat God op sy hart gelê het.

Maar dit klink baie keer baie teoreties, totdat jy sien wat watter verskil dit daar op die grond, in die lewens van manne, vroue, families en kinders se lewens maak wat betrokke raak en aangeraak word deur die werk wat so ‘n besigheid daar in die gewone lewe van elke dag maak.

Dit is rof daarbuite. Iemand sê: Dit is soos hierdie reusagtige, wêreldwye droogte of woestyn daarbuite, waar miljoene smag na water … Met lewens vol pyn.

En dan kom God en Hy verander jou lewe.

Hy gee vir jou hierdie onophoudelike fontein water wat oral saambeweeg waar jy en Hy gaan.

Die wonders begin gebeur die dag as jy leer om ander daaruit te begin bedien … Daar in die gewone lewe van elke dag … Deur die gewone dinge wat jy daagliks by die werk en op die markplein doen.

Luister na die stories van een so ‘n besigheid waar God hierdie rigtingverandering bewerk het.

Advertisements