nuwewyn
Hier vertel ek jou van "nuwe wyn" wat die Here die afgelope tyd aan my bedien het.

Ons roeping vir hierdie nuwe seisoen

Ek het gevoel dit is nou die tyd om jou te vertel waarmee ek en Hetta in opdrag van die Here in hierdie nuwe seisoen van ons bediening besig is.

Die film, THE LAST REFORMATION, waarvan ek vir jou die skakel hieronder gee, kan jy gratis gaan kyk op die internet en vertel vir jou wat ek en Hetta beleef God se roeping in ons lewe vir die res van ons lewe hier op aarde is.

Hier is die skakel daarheen:

Volgende jaar vier ons die 500-jarige viering van die Reformasie-gebeure in Martin Luther se tyd in 1517. Die krisis is dat daardie reformasie nie volledig was nie en ook nie die kritiese foute in die fondasie van die kerk soos ons dit destyds en vandag ken, aangespreek het nie. Daarom wil Jesus Christus, deur die werking van Sy Gees, NOU in hierdie LAASTE REFORMASIE die ware Bybelse Kerk/Ekklesia van die fondasie af OOR BOU.

Daarvoor het Hy ook my en Hetta geroep om vir die res van ons lewe hier op aarde daarmee besig te wees.

Ek noem dit wat Jesus dit noem, naamlik OM DIE KONINKRYK VAN GOD TE SOEK. Of soos Jesus dit van Sy eerste preek af gesê het: Bekeer julle, want die KONINKRYK VAN GOD (of van die hemel) IS HIER op aarde besig om deur te breek.

Soos God se Gees dit daar in 1 Kor. 15:24 e.v. beskryf het, beteken dit ʼn oorlog waar elke mag wat nog nie gebuig het of nie wil buig voor Jesus as die Koning, gedwing gaan word (deur God self) om te buig.

DAAROM IS ONS NIE VERRAS DAT HIERDIE OPDRAG OOK VIR ONS ʼn BAIE DUUR PRYS KOS EN OORLOG BETEKEN NIE.

Dit is wat ons tans elke dag beleef op elke gebied van ons lewe. Ons het seker nog nooit sulke uitdagende tye in ons bediening beleef soos nou nie. En dit is waar van alle gebiede in ons lewe: finansieel, gesondheidsgewys, in ons familie en gesin, in alle aspekte van ons bediening…

Die rede is eenvoudig: DIE VYAND IS WOEDEND OOR WAT AAN DIE GEBEUR IS EN WAARMEE ONS BESIG IS!
Daarom vra ek vir jou as ʼn broer of suster in Christus, BID VIR ONS, nadat jy hierdie film gekyk het.

Groetnis
Christo en Hetta Nel

Advertisements

One Response to “Ons roeping vir hierdie nuwe seisoen”

  1. Liewe Christo,

    Ek het hierdie video en nog een so 3 weke terug gekyk. Dit het my diep aangeraak en terseldertyd uitermate gechallenge. Dit is werklikwaar die “last reformation”!

    Ek is hartlik moeg daarvan om kerk te “speel” met geen vrug te bespeur in die struktuur nie.

    Ek bid intens vir julle op hierdie pad, en wie weet, heel moontlik lei Heilige Gees my en my familie ook op die pad.

    Seëngroete, Buks Kotzé 082 743 0010

    Reject Passivity – Accept Responsibility -Lead Courageously – Expect the Greater Reward, God’s Reward

    >


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: