nuwewyn
Hier vertel ek jou van "nuwe wyn" wat die Here die afgelope tyd aan my bedien het.

Getuig oor die Evangelieboodskap via al die miljoene slim-fone en selfone oor die wêreld

Dié van julle wat my ken, weet dat my hart is om via die selfoon en spesifiek die slim-foon soveel moontlik materiaal wat die Koninkryk van God kan laat kom hier op aarde, aan mense beskikbaar te stel of ten minste bekend te stel.

Vandag wil ek vir jou neem na ʼn paar van hierdie bronne toe.

Die meeste van ons ken die Jesus-film wat al in meer as 1400 tale beskikbaar is en wat jy, kan jy glo, op jou foon of ʼn SD-kaart afgelaai kan word, om met enigiemand wat daardie taal praat en verstaan, te kan deel.

Hier is jou skakel op die Net daarheen: http://www.jesusfilm.org/watch.html

Blaai jy na YouTube toe, is daar hierdie magdom films beskikbaar wat die kern-evangelie in verskillende variasies uitbeeld. Hier is net een of twee daarvan:

The Book of Matthew – Is vier ure lank, wat jy rustig en op jou tyd kan kyk:

https://www.youtube.com/watch?v=h0qGrVcz-eQ

Dan is daar die weergawe hiervan wat deur Visual Bible vervaardig is en wat ons eie Regardt van den Berg verfilm het, wat net 37 minute lank is:

https://www.youtube.com/watch?v=zIa2HehRDlo

Jy kan selfs die Jesus-film-Toep (of “App”) gaan aflaai op jou foon en so toegang kry tot al hierdie films.

Maar wat my baie opgewonde maak is die weergawe hiervan vir kinders.

Hier is die skakel na “The Story of Jesus for children” via dieselfde groep wat die Jesus-film gemaak het:

http://www.jesusfilm.org/watch/the-story-of-jesus-for-children.html/english.html

Blaai ons terug na YOUTUBE, dan is daar nog ʼn groot verskeidenheid vollengte films vir kinders oor die Evangelieboodskap beskikbaar. Kom ek gee net ʼn paar skakels na van hulle:

The life of Jesus Christ full movie cartoon: Jesus – He lived Among Us (English) –

https://www.youtube.com/watch?v=O5KETYJJnIE

Jesus-film – Children’s edition – https://www.youtube.com/watch?v=9kc_VhPMUG4

The Jesus Movie, Bible Story for Kids Animated Cartoon. (in English) –

https://www.youtube.com/watch?v=d-fsT6-nIOY

Dan is daar die groep, GOSPEL RECORDINGS, wat in sowat 6000 tale opnames van verskillende dele van die Evangelieboodskap en die Woord beskikbaar het, wat afgelaai kan word in verskillende vorms. Jy kan van hierdie opnames op jou Slim-foon stoor, of op SD-kaarte stoor of op jou I-pad wat dan gespeel kan word waar daar behoefte is.

Hier is die skakel na hulle webwerf, waar jy al hierdie opnames in die hande kan kry: www.globalrecordings.net

As jy ʼn behoefte het aan die hele Bybel op jou foon of op jou rekenaar, in die meeste van die hooftale in die wêreld, kan jy dit kry by www.YouVersion.com of www.Bible.com of via internet by https://www.biblegateway.com/

Parallelle weergawes van die Bybel kan gevind word by www.InScript.org

Een van die nuwe Bybel-Toeps of “Apps” wat die afgelope tyd ontwikkel en herbou is, is

GoBible

Gaan loer gerus daarna.

Soek jy na kwaliteit-materiaal wat jy veral hier in die Afrika, Europa en die Asiatiese konteks kan gebruik, gaan gerus na www.frontline.org.za en kyk wat daar beskikbaar is.

Terug na die kinders en materiaal wat vir hulle geskik is, blaai gerus op die internet na https://www.cefonline.com/ en kyk na die magdom materiaal wat daar beskikbaar is.

Advertisements

No Responses to “Getuig oor die Evangelieboodskap via al die miljoene slim-fone en selfone oor die wêreld”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: