nuwewyn
Hier vertel ek jou van "nuwe wyn" wat die Here die afgelope tyd aan my bedien het.

Die vloek van Trekarbeiders-wees boemerang

Blaai jy terug in ons geskiedenis, onthou ons almal die derduisende, hoofsaaklik swart mans, wat oor die grense gestroom het uit armoedige tuislande waar daar net nie genoeg werk vir almal was nie. Hulle was gedwing om al hulle geliefdes tuis te laat en om duisende kilometers weg te reis na waar daar werk en geld was om so vir hulle gesinne tuis te sorg.

Vrouens en kinders het dus sonder die pa-figuur agtergebly. Hoef ek te vertel van die ander ellende wat hiermee gepaard gegaan het? Kinders wat sonder ʼn sterk pa-figuur groot word, manne was sonder hulle vroue, vroue was sonder hulle manne, prostitusie het geblom…

Terug na vandag…

Ja, natuurlik is daar steeds die derduisende trekarbeiders wat van oral uit Afrika en Asië wettig en onwettig stroom na Suid-Afrika toe.

Maar iets nuuts het bygekom.

Die afgelope jare stroom daar ook nou derduisende Suid-Afrikaners uit die land en oor die grens na die Amerikas, Europa en Asië.

Dit is nie net ongetroude jongmense nie. My hart word veral aangegryp deur al die getroude manne en getroude vrouens wat sonder hulle geliefdes elders moet gaan werk soek om genoeg geld te verdien om vir hulle geliefdes tuis te kan sorg.

Derduisende gesinne moet vir weke en maande klaarkom en oorleef sonder die pa of ma in die huis.

Skielik voel en sien ons al daardie ellende van die ou trekarbeiderstelsel terugboemerang onder ons eie mense!

In soveel van my eie vriende en selfs in familie se huise, huil en verlang ons saam na geliefdes ver oorkant die water.

Sjoe, wat van al die kinders wat sonder daardie noodsaaklike outoriteitsfigure moet groot word! En wat doen die manne en vrouens wat alleen in die buiteland of alleen in hulle slaapkamer fisies verlang na die lyf van hulle geliefdes?

Is dit nie merkwaardig nie dat van die groot Christelike bedieninge in die wêreld beleef het dat hulle baie reguit en eerlike DVD-reekse moet maak oor die gevolge van pornografie in die lewe van volgelinge van Jesus!

Dit het tyd geword dat die Liggaam van Jesus moet loskom uit hierdie baie oppervlakkige soort bediening van God se mense en erns moet maak hoe om effektief en diepgaande familie in Jesus te wees vir ten minste al hierdie manne, vroue en kinders in hulle midde!

Advertisements

No Responses to “Die vloek van Trekarbeiders-wees boemerang”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: