Dave Ramsey se 7 Baba-treë na ʼn totale finansiële regruk-aksie

Een van die belangrike dinge wat God se mense dringend moet doen, is om hulle finansies in orde te kry.
Vir God se Koninkryk om te kom en om deel te word van God se oplossing vir hierdie stukkende wêreld rondom ons, moet ons oorlog verklaar teen onnodige skuld. Dit is al manier hoe ons finansieel vry kan word.

Hier is die bekende Christen-sakeman, Dave Ramsey se 7 baba-treë na ʼn totale finansiële regruk-aksie:

1. Bou ‘n R10 000-noodfonds so gou moontlik op, indien moontlik binne ʼn maand. Dit is gewoonlik die maklikste tree om te gee, maar ook die moeilikste, want dit is hier waar jy moet besluit of jy regtig wil hê jou geldsake moet verander en of jy bereid is om te doen wat nodig is! Want dan moet jy begin spaar vir daardie onbeplande gebeure!

2. Begin om al jou skuld af te betaal deur daardie “skuld-sneeubal” aan die rol te kry in jou lewe! Maak ʼn lys van almal wat jy geld skuld, van die minste tot die hoogste bedrag. Begin dan om dit af te betaal maand vir maand, deur eers die minimum bedrae verskuldig maandeliks aan almal te betaal, behalwe aan daardie een vir wie jy die minste skuld, want daardie een betaal jy so gou moontlik heeltemal af. En so hou jy aan tot bo aan jou lys. Dit doen jy met alle skuld behalwe die uitstaande skuld op jou huislening. (Ja, ek weet sommige wil hê dat ons eers met daardie rekeninge moet begin waar ons die meeste rentes betaal! Maar laat ons nou nie hieroor begin stry nie, want as rentes nou werklik vir jou erns was, hoekom het jy in elk geval ʼn kredietkaart wat jy so rojaal vir alles gebruik? Volg jy maar net die voorgestelde metode, want dit gaan hier oor iets totaal anders. Dit gaan hier oor gedragsverandering! En om momentum te begin skep! En om jou aan te moedig om met dieselfde erns hieraan te begin werk as wat ʼn Springbokkie weghardloop vir ʼn leeu wat hom wil opvreet! Onthou, jy is besig om weg te vlug van daardie jagter wat jou wil beroof en selfs wil doodmaak as dit moontlik is, SKULD! En as jy lewendig anderkant wil uitkom, moet jy nou doen wat jy moet doen! En as jy dit gaan doen, gaan jy binnekort beleef: JY IS WERKLIK VRY!

3. Nou begin ons om daardie Noodfonds van julle uit te bou in ʼn fonds wat vir 3 tot 6 maande al julle groot uitgawes kan dek. Spaar hierdie Noodfonds in die een of ander eenvoudige Geldmark-spaarplan. Onthou, dit is nie bedoel om ʼn belegging te wees nie. Dit is bedoel om versekering te wees en om julle te beskerm in tye van onbeplande gebeure!

4. Begin om 15% van jou maandelikse inkomste te spaar vir aftrede. Om vir jou ʼn voorbeeld te gee van die krag hiervan: As jy begin om ʼn $100 te spaar vandat jy 25 jaar oud is, totdat jy 65 jaar oud is, teen ʼn 12% rentekoers = $1 176 477. Die meeste van ons het ook ʼn pensioenfonds van die een of ander aard, waar die regering of jou werkgewer die ander helfte maandeliks betaal, wat saam met saamgestelde rente vir jou miljoene rande aan die einde van die tydperk GRATIS gaan verdien! En selfs vir diegene wat al ouer as 40, of 50, of selfs 65 jaar oud is, dit is nooit te laat om hiermee te begin nie, behalwe as jy nie op die een of ander manier hiermee begin nie!

5. Begin dan spaar vir jou kind/kinders se studies na matriek. Om so ʼn Opvoeding Spaarrekening te skep is dit die beste om die geld in ʼn groeifonds van verskillende aandele te belê. Dit groei belasting vry. Maak tyd om werklik die kostes te ondersoek van wat naskoolse opleiding en studies deesdae kos! En asb., stuur jou kinders na ʼn skool/kollege/opleidingsentrum wat jy kan bekostig! Moet nie hier dink die duurste is die beste nie! Onthou, ʼn graad of diploma beteken in werklikheid nie iets nie! Dit gaan eintlik oor die kennis en ervaring wat jy opgedoen het om daardie graad of diploma te kry, en hoe jy dit gaan gebruik en toepas in die markplein, wat werklik die waarde daarvan gaan bepaal! Kennis en ervaring is die geldeenheid van hierdie millennium, en ook net as jy aanhou leer en ervaringe opbou! En dit hou beslis dus nie op wanneer jy afgestudeer het nie. Dan begin alles eintlik net! Wees dus geweldig versigtig vir daardie studielening nadat jy gestudeer het! Deesdae is die gemiddelde studielening nadat studente klaar is met hulle studies, R300 000! En dan is daar gewoonlik nog ʼn ekstra R60 000 kredietkaart-skuld! Gee asb., dus vir jou kinders die geleentheid om ook na-ure te werk terwyl hulle studeer, en betaal sover moontlik alles kontant tydens hulle studies!

6. Sodra jy dit alles op plek het, gebruik dan elke sent wat jy het om jou huislening so gou moontlik af te betaal! Kan jy dink hoe dit moet voel om geen huislening-skuld te hê nie! Dan gaan jy totale beheer hê oor jou magtigste wapen om werklik rykdom van waarde te begin bou: jou totale inkomste! Laat ek sommer dadelik met jou een van die grootste leuens oor geld hier ontmasker: Nl., dat dit wys is om altyd ʼn huislening van die een of ander aard te hê, want dit help jou om minder taks te betaal! Dit is ʼn infame leuen! Gaan doen maar net behoorlik jou somme! En onthou, jy is net gereed om ʼn huis van jou eie te koop wanneer jy Stap nr 3 voltooi het. Em my aanbeveling is om, dit sover moontlik, kontant dan te koop. En indien jy dit nie kan kontant koop nie, moet asb., nie ʼn huislening vir langer as 15 jaar neem nie, en ook nie een waar jy maandeliks meer as 25% van jou maandelikse inkomste op hoef af te betaal nie! En as dit nie moontlik is nie, moet nog nie ʼn huis koop nie. Jy is nog nie daarvoor finansieel gereed nie! Rom. 12:1 en 2. Soveel mense gebruik nie die geld wat hulle het met wysheid nie, en dompel hulleself in geweldige finansiële moeilikheid, net oor totale onkunde! Onkunde, omdat hulle net nie weet hoe nie! Ja, ek weet jy kan mense huur om jou te help om jou geldsake beter te bestuur, maar dit is nie goeie rentmeesterskap nie. Want jy moet leer om al hierdie dinge self te begin doen. Kry daarom eerder vir jou ʼn aantal kundige mense wat jou kan leer hoe om dit self te doen op die regte manier! Al waarvoor jy moet soek, is goeie raad. Onthou, dit is jou opdrag om jou eie lewe effektief en suksesvol te bestuur!

7. Al wat nou nog oor is, is om aan te hou om jou rykdom/wealth uit te bou en om te leer hoe om met groot wysheid oorvloedig daarvan weg te gee! En leer om die meeste genot te hê in die lewe terwyl jy besig is om meer en meer weg te gee! Natuurlik is dit ʼn nuwe manier om na dinge te kyk! Rykdom is nie ʼn manier om te ontsnap nie. Dit is eerder ʼn geweldige verantwoordelikheid! Onthou, omdat jy weet dat alles regtig aan God behoort en omdat Hy so genadig en goed vir jou is, het jy! Daarom, wanneer jy gee, gee dit naamloos sover moontlik! Onthou ook, dat jy is maar net God se hande en jy doen dit in Sy Naam en in Sy diens! Eintlik is daar net 3 dinge wat jy met jou geld kan doen: a. Jy kan soveel moontlik genot en vreugde daarmee hê! b. Of jy kan dit belê. C. Of jy kan dit weggee. En jy het nodig om al drie hierdie dinge te doen, om werklik iets van die oorvloed te belewe waarvoor Jesus werklik gekom het!

Ja, ons kan lewe uit wat ons verdien, maar ons lewe eers werklik wanneer ons begin weggee van wat ons verdien het!

Enige surplus wat ons het, is ʼn geweldige verantwoordelikheid en moet bestuur word tot die beswil van almal.

Ons is geskape met wonderlike liggame. Neem verantwoordelikheid daarvoor en voed dit met regte en lewendige kos. Onthou, jy het net een liggaam! Eet minder, oefen meer! Dit is nie regtig so moeilik nie!

Onthou, verder dat jy ʼn emosionele wese ook is. As daar dus iets seer en ergs met jou langs die pad gebeur het, gaan sit by iemand wat regtig kan help en maak klaar met daardie seer van die verlede, sodat jy dit nie heelpad met jouself hoef saam te dra nie! Die lewe is te kort om jou hele lewe daarmee te hoef te worstel. Gaan soek hulp asb.

Maar ons is ook intellektuele wesens. Hou dus aan om jou intellek te voed. Lees. Lees. Lees.

Onthou, jy gaan oor 5 jaar dieselfde mens wees, behalwe vir dit wat jy bygeleer en gelees het, en dit wat jy geleer het van die mense wat jy langs die pad teëgekom het.

As jy nie ook aandag gee aan die vierde aspek nie, gaan die ander ook nie regtig help nie.

Maar as jy ook dit deel maak van jou regruk-aksie, is daar balans!

Dit verseker dat daar vreugde, genoeg feesviering en passie in jou lewe is. Dit vermeerder selfs jou kreatiwiteit.

Waarna verwys ek?

Ek praat natuurlik van die onontbeerlike geestelike deel in jou lewe.

Hierdie 7 treë-plan is gebou op gewoon goeie lewenswysheid, maar veral op Bybelse beginsels en Bybelse wysheid.

En die proses werk, soos wat derduisende reeds ontdek het.

Al vraag wat oorbly, is: Wat gaan jy doen?

Moenie oor 5 jaar vorentoe wakker word en wens dat jy juis hier jou lewe begin verander het nie!

Begin nou daarmee!

Wat gee ons lewe betekenis?

Wat gee ons lewe betekenis

Wat bring hier binne-in ons ’n lewensvreugde midde enorme uitdagings of geleenthede?

Wat skep hier in ons ’n battery van krag in moeilike ekonomiese tye of in tye van oorvloed?

Kom ons gesels oor daardie rykdom wat ’n mens se lewe sinvol en betekenis gee.

Kom ons prop eers in in die rykdom van ’n passievolle lewe

Benjamin Disraeli het gesê dat ’n man alleen groot kan wees as hy passievol optree of handel

Ek is in ’n stadium in my lewe waar ek nadink oor hoe ek iets kan nalaat aan my kinders en kleinkinders en almal met wie ek ’n pad gestap het en selfs wyer, iets blywends, wat sal aanhou groei en sal aanhou ’n impak maak.

Dit het my laat nadink oor wat ’n mens werklik gelukkig maak, nie net vir ’n tydjie nie, maar werklik diep innerlik en blywend gelukkig, ongeag wat rondom hulle aangaan.

So glo ek, dat sukses in al sy vorms, wat nie daardie lewensgeluk en gevoel van welbehae (dat dit werklik die moeite werd was) in ’n mens se lewe bring nie, ’n leer is wat teen die verkeerde muur staan. Jy klim daarteen op, net om bo te kom en te ontdek dit staan teen die verkeerde muur of verkeerde plek. Dit het nie vir jou gebring wat jy regtig, hier diep binne na gehonger en gedors het nie.

Daarom is dit belangrik om vir jouself uit te maak, wat soek jy werklik in die lewe?

En ons het almal verskillende woorde hoe ons dit beskryf: sommige praat van daardie innerlike vreugde en vrede (joy), ander noem dit vryheid, of sekuriteit, of liefde.

Elkeen van ons glo ons het ’n pad gevind na wat ons glo ons uiteindelik hierby sal uitbring, hierdie gevoel van lewensgeluk, van diep innerlike bevrediging en welbehae, of ’n gevoel van voldoening, tevredenheid en dat dit alles uiteindelik sinvol en betekenisvol was.

Ja, ons soek dit in ons verhouding met God, of in ons verhouding met ander mense, ons soek dit in ons besigheid en finansies, ons soek dit in ons verhouding met ons kinders, ens.

Maar tog moet ons vir mekaar sê dat hierdie ware geluk, hierdie stuk rykdom in die lewe, hier diep in ons lê en nie te vinde is in die grootte van ons bankrekening of in die hoeveelheid bates wat jy bymekaargemaak het oor die jare nie.

Wat is dan die geheim, die sleutel tot ’n ryk en betekenisvolle lewe?

Wat as ons dit weet, dan kan ons dit najaag en aksie neem om dit waar te maak in ons lewe.

Ware rykdom is die vermoë om die lewe in sy volheid en volle glorie, oomblik van oomblik te lewe en te beleef.

Eintlik is daar verskillende vorme van rykdom. Daar is ’n emosionele rykdom wat spruit uit ’n gesonde emosionele lewe; of ’n rykdom wat gemeet kan word aan die kwaliteite van jou verhoudinge met mense; of ’n intellektuele rykdom; of ’n fisiese rykdom wat spreek uit die manier hoe jy met jou liggaam en fisiese omgaan, jòu hoë energievlak, of fisiese krag en vitaliteit; en dan is daar natuurlik ook ’n geestelike rykdom wat saamhang met die feit en die wete dan my lewe die moeite werd was en ’n dieper betekenis gehad het, dat ek vir iets meer en hoër geleef het as net myself en my ou dingetjies.

En uiteindelik lewe ware rykdom in ’n kombinasie van al hierdie dinge, want as ek nie in my lewe ook in die spel van verhoudinge met ander mense geslaag het nie, of as dit gaan oor lewens vervulling of ’n gesonde liggaam en ek nie ook daar slaag nie, het ek ’n gebrek.

Hoe sê iemand: om die rykste man op aarde te wees en dood te wees, is beslis nie ons oogmerk nie.

Wat is die punt daarvan as jy in een deel van jou lewe sukses behaal, maar daar nie balans in jou lewe is nie?

Wat is die betekenis daarvan om wedstryd na wedstryd, transaksie na transaksie, as die wenner uit die stryd te tree maar nooit vir jouself tyd te gee om die oorwinning te vier en sommer net lewe te geniet en te vier nie?

Daar is immers niks meer tragies as ’n ryk man wat kronies woedend of ongelukkig is nie.

Daar is eintlik geen verskoning daarvoor nie en tog sien en beleef ons dit almal rondom ons.

En dit is bloot die gevolg van ’n ongebalanseerde lewe.

Dit is bloot die gevolg van iemand wat soveel verwagtinge van die lewe het, maar nie genoeg tyd maak om in dankbaarheid dankie te sê vir wat hy het of reeds bereik het nie.

Sonder daardie dankbaarheid en waardering vir wat ons reeds het en wat reeds gebeur het, gaan ons nooit hierdie ware diep lewensgeluk en vervulling beleef nie.

Sir John Tempelton sê: As jy ’n biljoen dollar het en ondankbaar is, is jy ’n bitter arm man. Maar al het jy nie eers die allernoodsaaklike wat ’n mens nodig het nie en jy is steeds dankbaar vir wat jy het, is jy werklik ryk.

Hoe kweek ons hierdie soort dankbaarheid en waardering vir die lewe?

Ek glo dit lê in die eenvoudige besluite wat ons elke dag neem om werklik beheer te neem oor die kwaliteit van die lewe wat ons elke dag lewe.

En lyk vir my dit hang saam met drie sleutelbesluite wat ons elke oomblik van ons lewe moet neem.

As ons hierdie besluite, soos die meeste mense, onnadenkend neem, sonder om doelbewus daaroor na te dink en doelbewus besluite daaroor te neem, gaan ons eindig waar die meeste mense rondom ons eindig. Ons gaan of te vet of te maer en ongesond wees, ons gaan emosioneel totaal uitgeput wees, of totaal verveeld met die lewe, of tevrede met ons verhoudinge met ander mense voel terwyl alles in werklikheid daar uitmekaarval, om nie eers te praat van die finansiële stres en skuld waarin ons gaan sit nie.

Maar daar waar ons doelbewus en bewustelik hierdie besluite neem, kan jy letterlik in ’n oogwink jou hele lewe verander.

Wat is dan hierdie drie besluite wat ons moet neem wat die kwaliteit van ons lewe gaan bepaal, of ons ryk is en of ons arm is op elke gegewe moment?

Eerste Besluit: Waarop gaan jy fokus?

Elke dag is daar miljoene dinge waarop ons kan fokus rondom ons. Ons kan fokus op wat op hierdie oomblik rondom ons gebeur. Of ons kan fokus op die toekoms en wat ons daar wil hê moet gebeur. Of ons kan totaal gefokus wees op wat gister en eergister en in die verlede gebeur het en dit toelaat om ons hele lewe en ons buie te laat beheer. Of ons kan gefokus wees op hierdie uitdaging tans of die genot van die oomblik geniet of ons kan gefokus wees op die een of ander teleurstelling uit die verlede waar iemand ons in die steek gelaat het.

Kyk jy TV of lees jy tydskrifte of die koerante, wil elke advertensie vir jou sê: Kyk hier, fokus hier, hier is die oplossing waarna jy gesoek het. Dit … en dit … en net dit … sal jou werklik gelukkig maak. As jy dit het of dit bereik het, sal jy werklik gelukkig wees.

En weet jy, as ons daarna kyk, daarop fokus, dit glo wat hulle sê, gaan ons doen wat hulle vir ons sê. Ons gaan inkoop in waarop hulle wil hê ons moet fokus. En as ons daarop fokus, gaan ons geld en ons energie daarheen vloei.

Kom ek wys jou wat ek bedoel en hoe jy jouself kan help om te verander. Ek wil jou wys hoe jy in ’n oomblik kan verander van ’n ongelukkige, woedende, gestresde mens na iemand wat werklik lewensgeluk en ’n diep innerlike vrede en gevoel van voldoening en sinvolheid beleef.

Daarom wil ek vir jou vra: Waarop fokus jy die meeste van die tyd in jou lewe: op wat jy het of op wat jy nie het in jou lewe op die oomblik nie?

Onthou, ja, ek weet ons dink almal die een of ander tyd oor albei hierdie kante van die munt. Maar my vraag aan jou was: Waarop fokus jy die meeste van die tyd? Waaraan spandeer jy die meeste tyd daar in jou gedagtes?

Selfs die meeste van ons wat in uiters moeilike tye ons bevind, het soveel om eintlik voor dankbaar te wees.

Selfs al worstel jy finansieel, is dit tog die moeite werd om te besef dat as jy ’n inkomste het van om en by R40 000 ’n jaar, jy inderwaarheid in die top 1% is van almal wat êrens op aarde ’n werk het. Besef jy dat meer as die helfte van die wêreld se bevolking, lewe van minder as ’n twee tot so sesduisend rand ’n jaar, terwyl een uit drie mense in die wêreld leef van minder as ’n duisend rand ’n jaar.

Ons skree en protesteer dat ons te min geld kry of nie mooi genoeg huise het of beter toiletgeriewe het nie, terwyl daar mense is wat geen geld, geen dak oor hulle kop, wat nog te praat van ’n toilet tot hulle beskikking het nie.

Dit bring dinge ’n bietjie in perspektief, né!

Maar kom ons dink oor die ander dinge in ons lewe.

Dink net waaroor kan jy elke liewe dag dankie sê in jou lewe: vir jou gesondheid, jou vriende, jou geleenthede, jou verstand, jou oë, jou gesonde liggaam, die paaie om op te ry, boeke om te lees, die internet en selfone, radio, TV, die pragtige land waarin ons woon, die dak oor jou kop, kos op jou tafel, klere aan jou lyf, jou familie en geliefdes, soveel seën en noem verder self op.

Ek vra weer vir jou: Waarop fokus jy gewoonlik? Dit wat jy het of dit wat jy nie het nie. Dit wat reeds daar is in jou lewe of dit wat nie nou daar is in jou lewe nie.

Ek wil vandag vir jou ’n geheim vertel wat jou lewe in ’n oomblik kan verander. Dit kan jou in ’n oomblik verander van ’n baie ongelukkige en depressiewe mens, na ’n gelukkige mens wat opgewonde is oor die lewe.

Die oomblik wat jy besluit om elke dag in jou lewe ten minste 3 minute uit te sit vroegoggend van elke dag van jou lewe, om dankie te sê vir al die dinge waaroor jy dankbaar is in jou lewe en waarvoor jy vir God kan dankie sê, daardie oomblik wat jy dit kies en begin doen, verander jou lewe onmiddellik.

Maar ek het nog iets verder hieroor om vir jou te sê.

Ek wil jou vra: Waarop fokus jy in die lewe die meeste, op die dinge wat jy kan beheer of op die dinge wat jy nie kan beheer nie?

En ja, ek weet dit sal verskil van moment tot moment in ons lewe, maar weer wil ek jou herinner daaraan dat ek jou gevra het: Waarop fokus jy die meeste in jou lewe, gewoonlik in jou lewe? Op wat jy kan beheer of die dinge wat jy nie kan beheer nie? Wat is die dinge wat jou gelukkig of ongelukkig maak, wat jou laat vrees of vrede laat beleef?

As jy die meeste van die tyd gefokus is op die dinge wat jy nie kan beheer nie, is daar geen twyfel nie: jy gaan hiper gestres wees die meeste van die tyd in jou lewe.

Ons kan baie dinge beheer, maar ons kan nie die ekonomie of die geldmarkte beheer nie, ons kan die gesondheid van ons geliefdes beheer nie, of die gesindheid van ons kinders beheer nie.

Ja, ons kan dalk ’n geringe invloed daarop uitoefen, maar ons kan dit nie beheer nie.

En ek weet dit kan mense geweldig frustreer.

Maar weet jy, selfs iets soos jou selfwaarde en selfvertroue kan afhang of jy in beheer voel van jou lewe en of jy voel die lewe rondom jou beheer jou.

Die Tweede besluit: Wat beteken dit?

Besef jy dat hoe ons voel oor ons lewe en die lewe in die algemeen eintlik niks te make het met wat rondom ons gebeur of nie gebeur het nie.
Ons lewenskwaliteit en lewensgeluk word eerder bepaal aan die betekenis wat daardie dinge wat gebeur of nie gebeur nie vir ons het.

En ek weet die meeste van ons besef nie eers dat dit so is nie.

Want ons maak hierdie soort besluite in ’n oogwink, sonder dat ons dit eers besef.

Neem nou maar iets gebeur in jou lewe, soos ’n motorongeluk, of ’n dokter wat vir jou slegte nuus het oor jou gesondheid, of jy wat jou werk verloor.

Die vraag waaroor dit gaan is hoe voel jy daaroor? Watter betekenis gee jy daaraan? Sien jy dit as die begin of die einde gan jou lewensgeluk of lewe selfs?

Sê nou iemand konfronteer jou oor iets, sien jy dit as ’n belediging, of as iemand wat jou probeer goeie raad geen of wat werklik vir jou omgee? Hoe sien jy dit? Watter betekenis gee jy daaraan?

Hierdie slegte ding wat pas met jou gebeur het: Voel jy dit is God wat jou straf, of daag Hy jou uit om te leer en te groei hierdeur of is die gebeure dalk ’n geskenk van God aan jou omdat Hy jou lief hét en meer vir jou ingedagte het?

Besef jy dat die betekenis wat jy aan hierdie dinge gee wat gebeur in ons lewe, bepaal hoe ons daaroor voel ook uiteindelik ons lewenskwaliteit en lewensgeluk direk beïnvloed.

Dieselfde geld natuurlik ook vir ons verhoudinge. Hoe ek dink en voel oor dinge wat rondom my gebeur, affekteer hoe ek voel en watter emosies ek beleef, wat direk my verhoudinge met ander mense rondom my beïnvloed.

Vir sommige van ons is die eerste tien jaar van ’n verhouding maar net die begin en die tyd waar ons mekaar leer ken en dit is opwindend. Want dit is ’n geleentheid om mekaar op ’n diepere vlak te leer ken en te leer liefkry.

Maar vir ander is ’n week of ’n maand ’n lang verhouding. En as hulle dan verskil oor iets, dan dink hulle onmiddellik dit is die einde. Hulle dink nou het die ander persoon hulle nie meer lief nie en nou moet hulle maar uitmekaargaan.

Kom ek vra vir julle wat nou al ’n lang tyd in ’n liefdesverhouding met iemand is?

Kan julle onthou hoe dit daar aan die begin van die verhouding was? Wat was jy nie alles bereid om vir daardie een te doen nie? Alles! Alles!

Maar nou, na ’n jaar, of sewe jaar, of 20 jaar, sê nou jou man/vrou vra vir jou om vir gou die vuilgoed te gaan uitgooi of daardie kraan wat lek reg te maak?

Daarom sê ek baie keer vir paartjies wat wonder wat het van die liefde en die passie in hulle verhouding geword: As julle dit vir mekaar doen wat julle bereid was om daar aan die begin vir mekaar te doen, dan het julle nie nou gedink dit is die einde nie.

Daar aan die begin wou jy net gee en net die ander se behoeftes bedien na die beste van jou vermoë, juis omdat jy daardie een so liefgehad het. En daar het hulle geluk jou gelukkig gemaak.

Sien, alles hang af van hoe jy nou na dinge kyk en watter betekenis dit vir jou het. Die manier hoe jy na dinge kyk en daaroor dink, bepaal hoe jy voel daaroor en dit is die dinge wat jou gelukkig of ongelukkig maak.

Daarom sal jy onmiddellik ook verstaan as ek met jou in dieselfde asem oor een van ons grootste uitdagings tans gesels in ons land, naamlik oor hoe depressief mense voel.

En dit maak nie saak wie hulle is nie. Hulle kan ryk wees, of arm, hulle kan werk hê of nie, hulle kan gesond wees of siek wees.

Die feit of hulle depressief of nie depressief is, het niks te make met hulle omstandighede waarin hulle hul bevind nie. Alles hang af van hoe hulle kyk na hulle omstandighede en dink daaroor.

Weet jy, ons kan selfs vir daardie mense ’n antidepressant gee om te drink en dan ontdek dat hulle steeds depressief bly.

Want uiteindelik het die feit of hulle heeltyd depressief voel nie te make met watter pil hulle drink nie, maar afhang van waarop hulle fokus. As hulle heeltyd fokus op dinge wat hulle nie kan beheer nie en voel dat hulle lewe buite beheer is of as hulle heeltyd fokus op die dinge wat nog nie daar is in hulle lewe nie, dan gaan hierdie mense depressief bly.

As ons nog betekenis daarby sit soos “die lewe is nie die moeite werd om te lewe nie”, dan sit ons met ’n emosionele mengeldrankie waarvoor daar geen antidepressant sterk genoeg is nie.

Maar ek kan jou verseker, as hierdie selfde mens skielik iets ontdek wat nuwe betekenis aan hulle lewe gee, wat vir hulle ’n nuwe, opwindende rede gee om voor te lewe of wat vir hulle help om te verstaan dat dit wat tans in hulle lewe gebeur sin en betekenis het en net ’n tussenstadium is na iets beters, verander alles in ’n oogwink vir daardie mens.

As ’n mens begin fokus op of daar nie dalk mense rondom hulle is wat hom/haar nodig het, of mense wat sy/haar liefde nodig het, of iets is wat net jy vir die mense en die wêreld om jou kan gee, dan verander alles in so ’n mens se lewe.

’n Ander manier van kyk en dink oor dinge, verander in ’n oomblik ons bio-chemie en maak dat ons anders begin voel oor die lewe. Die oomblik wat ons ’n nuwe betekenis aan dinge gee, verander die bio-chemie in ons lewe in minute en alles verander dan.

Dit maak dat Victor Frankl gevind het hoe Jode die verskriklikheid van Auschwitz kon oorleef. Hulle kon dit oorleef omdat hulle betekenis kon vind in hulle ergste lyding en omdat hulle daarna kon leer kyk en dink op ’n manier wat daaraan ’n nuwe betekenis, ’n dieper betekenis gegee het wat hulle gehelp het om aan te gaan.

Dit het hulle nie net gehelp om te oorleef nie, maar hulle ook gehelp om op ’n punt te kom waar hulle ander kon help om te sê” Nooit weer nie! Nooit weer sal ons toelaat dat so iets gebeur nie!

Derde besluit: Wat gaan ek doen?

As ons besluit het om anders na dinge te kyk en anders oor dinge te dink, veroorsaak dit ander emosies en hoe ons voel daaroor en dit help ons om op ’n punt te kom waar ons hierdie derde besluit kan en wil maak: Wat gaan ek nou in die lig hiervan doen?

Sien, die dinge wat ons prakties doen, hoe ons optree, gee vorm aan hoe ons na dinge kyk, daaroor dink, maar veral hoe ons daaroor voel.

As ons woedend en kwaad voel, gaan ons totaal anders optree as wanneer ons gelukkig of geweldig gelukkig voel.

As jy die manier hoe jy optree wil verander op die vinnigste manier, is die maklikste manier om jou fokus te verander en te verander watter betekenis dit vir jou het.

Maar selfs twee mense wat woedend oor iets is, tree anders op in dieselfde situasie. Die een word stiller en stiller en trek terug, die ander een staan nader om met geweld dinge reg te maak. Ander staan op en gaan oefen in die gym tot hulle meer in beheer van hulleself voel en meer ontspanne is.

Waar kom hierdie verskille vandaan van hoe ons optree midde die verskillende emosies?

Ons leer dit maar aan oor die tyd. En baie keer besef ons nie eers mooi hoe ons optree as ons so voel nie. Ons moet regtig doelbewus let op hoe ons optree as ons bv. kwaad is of teleurgestel voel, want ’n mens kan nie ’n verkeerde manier of patroon van optrede verander as jy nie daarvan werklik bewus is nie.

As ’n mens dan bewus is van hierdie 3 besluite en die krag daarvan, kan ’n mens begin om rond te kyk vir modelle of mense wat tans belewe in hulle lewe waarna jy soek en begeer. En jy kan kies om hulle strategie of model van optrede (hulle manier van kyk en dink oor dinge) te begin volg.

Dan is dit gewoon ’n keuse wat ’n mens moet maak en ’n doelbewuste oorgaan tot aksie om jouself gereed te maak om dieselfde resultate as hulle te begin kry.

Ek glo dit werk soos ’n spier wat ons moet begin oefen en kondisioneer om ’n bepaalde gewenste resultaat te kry. So moet ons onsself oefen om ons fokus of manier van kyk na dinge reg te kry en hoe ons dink daaroor, om so ons gevoelens/emosies te begin verander en om meer “empowering” betekenisse te vind vir die dinge wat in ons lewe gebeur en is.

So kan ons onsself “gereedmaak” vir hierdie verandering deur ’n eenvoudige 10 minute daaglikse roetine waarmee ons ons kop en ons hart gereed kan kry vir daardie dankbaarheid en waardering (wat maar niks anders as liefde, geloof en vertroue in God is nie), wat uiteindelik al die negatiewe emosies soos woede en vrees uit ons lewe begin elimineer (2 Tim. 1:7).

So kan ons dus ons dag soos volg begin:

1. Begin elke dag met ’n minimum van 10 minute wat jy opsy sit, stop en jou oë sluit om …

a. vir 3 minute net te reflekteer en dankie te sê vir al die dinge waaroor jy dankbaar is in jou lewe (klein en groot)

b. Vir die volgende 3 minute bid jy dan tot God en vra Hom om al jou geliefdes en almal wat jy die voorreg het om met jou lewe en wat jy doen aan te raak, te seën met gesondheid en Sy oorvloedige seën. Stuur as’t ware so seën en dankbaarheid en gebede van oorvloed na elkeen van hierdie mense.

c. Die res van die tyd gebruik jy om te fokus op 3 dinge wat tans op jou tafel lê en wat jy oortuig is wat God se wil en hart daarvoor is. Sien elkeen van hierdie dinge in geloof asof hulle reeds bestaan en reeds gebeur het soos God dit wil en beleef reeds daardie oorwinning en feesviering en dankbaarheid omdat dit reeds gebeur het.

Ek wil jou verseker, as jy dit net vir 10 dae doen, kan jy nie meer hiersonder nie.

Op die manier doen jy eintlik dit wat 2 Kor. 10:3 e.v. ons leer: Staan jy wag by die deure van jou kop en toets jy elke gedagte en geloof wat jy wil toelaat, want jy besef dit is die dinge wat jou vorm en wat maak dat jy geseënd voel of ryk voel, of aan die ander kant wat maak dat jy begin vrees en maak voel jy is vervloek.

Ons brein is ’n merkwaardige ding. Op hierdie maniere kan ons doen wat Rom. 12:2 ons aansê om te doen: Kan ons God toelaat om ons gedagtes te vernuwe.

En as dit daar vernuwe is, verander dit alles verder en verander ons ons lewe.

Verwante Skrifgedeeltes:

Eks. 14:13 e.v.
Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie.
14 Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.”
15 ¶ Toe het die Here vir Moses gesê: “Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek.
16 En jy, lig jou kierie op en steek jou hand oor die see uit en kloof dit oop sodat die Israeliete op droë grond kan deurgaan.
17 Ek sal die Egiptenaars so koppig maak dat hulle die Israeliete sal agtervolg. So sal Ek my mag laat geld teenoor die farao en sy hele leër: strydwaens en bemanning.
18 Wanneer Ek my mag laat geld teenoor die farao, sy strydwaens en hulle bemanning, sal Egipte besef dat Ek die Here is.”

Hoe verander God hierdie mense van bang, depressie mense na opgewonde, gelowiges wat kans sien vir hierdie uitdaging?

Hy leer hulle om hulle fokus te verander – ’n ander prentjie te sien en anders te dink oor die situasie (gelowig te dink en te kyk na die situasie). En dit verander alles. Dit maak hulle kalm en neem hulle vrees weg.

Natuurlik moet hulle dan aksie neem in die lig daarvan: Moses moet iets doen met sy kierie en hulle moet op die droë grond deurstap.

Rom. 12:2

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

2 Kor. 10:3-6

Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie.
4 Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies
5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
6 Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.

1 Tess. 5:18

Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

En direk hierna staan die woord oor profesie (want dit is baie keer hoe God ons prentjies verander en ons help om anders te kyk en te dink oor dinge)

1 Tess. 5:19 e.v.

19 Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie.
20 Moenie profesieë geringskat nie,
21 maar toets dit alles, behou wat goed is,
22 en bly weg van alles wat sleg is.
23 ¶ Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
24 Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou.

2 Tim. 1:7

7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

7 Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

7 For God hath not given us the spirit of fear, but of power and of love and of a sound mind.

Heb. 11:1

1 ¶ Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Belangrike gedagtes in die verband

• Rondom ons sien ons soveel mense, ook gelowiges, wat vasgevang sit in vrees en selfs depressiewe gedagtes. Selfs mense wat nie eers gewoond daaraan is om daarmee te worstel nie, worstel daarmee
• Dit het tyd geword dan ons baie prakties word en mekaar begin help om dit wat die Skrif as “geloof, glo, vertrou en vertroue” beskryf, om te sit in praktiese maniere van doen, dinge wat werk.
• Ons moet mekaar leer hoe om prakties God toe te laat om daar waar ons in Sy teenwoordigheid is, ons gedagtes te vernuwe om ons uiteindelik heeltemal te laat verander.
• F. E. A. R. = False evidence appearing real

’n Ander variasie hiervan is dit wat Tony Robbins voorstel as sy …

3 Steps for Personal Breakthrough

1. Create a new strategy (build on a proven strategy that it work and will also work for you)
2. Change your story (let go of all of the old reasons you had why things didn’t work in your life till now and start telling a new success story)
3. Change your state of mind (emotions create motion). If your walk and talk like someone depressed, you will stay depressed. But if you become and are exited about what you now are doing, you can change in a second.

15 Minute strategy daily to get you on your road of success and to fulfilment

1. Wake up your brain by these body exercises

5 minute of physical exercise – brisk walk or run or bounce on a rebounder

2. Tap in the power of your life – which is gratitude. Gratitude is the one emotion which can change people’s attitude.

Take inventory of the reasons why you are grateful today – 3 minutes. Say it or write it down.

3. Visualize what you really want (the positive). How you want to impact people, etc.

Emotional success is where it all starts.

Need to know that whatever you speak effects you emotionally.

It is not just a case of affirmation. It is choosing the right words that will bring about the right emotion in your life that will put you in motion on your road to success.

It will become a rhythm in your body that will change your biochemistry.

Wake your body up by rubbing your hands etc.

Say: All I need right now is in me

Do that with all you have for a few minutes.

Saying to yourself: Every day I am getting stronger and healthier.

It becomes a rhythm in your body.

All of a sudden you started believing what you are saying to yourself.

So, instead of limiting yourself by what you are saying and thinking, you are getting in line with God’s plan for your life right now, in this new season

CIMI is uit en uit ‘n “cult”

Oor CIMI – weer ’n keer

Ek het reeds twee artikels op hierdie BLOG van my geskryf oor CIMI.

Hier is die skakels daarheen:

Die eerste artikel vind jy by:

My eerste artikel oor CIMI

Die tweede artikel is:

My tweede artikel oor CIMI

In die tweede artikel tipeer die skrywer, Rudolph P Boshoff, die Christ-in-me International-beweging met sy “gemeentes” oor die land, as niks anders as ’n tipiese “Cult”, Kultus of Sekte nie.

Ons het dus glad nie met ‘n kerk of ‘n deel van die ware Kerk van Jesus Christus hier te make nie.

Moet asb. nie toelaat dat iemand jou hieroor bluf of bedrieg nie.

Die feit dat hulle die Bybel gebruik en die Bybel aanhaal, maak nie outomaties van hulle ‘n kerk van die ware Jesus Christus waarvan die Bybel as Woord van God ons vertel nie.

Die ware Kerk van Jesus Christus is gelowige volgelinge van die Jesus van die Bybel, wat glo met hulle hart en bely met hulle mond dat Jesus Christus, God die Seun, mens geword het, gekruisig is, gesterf en opgestaan het uit die dood, en nou heers en regeer van Sy Troon in die hemel as God, Koning, Here en Verlosser.

CIMI is ‘n Kultus (“Cult”) en beantwoord aan al die tipiese kenmerke daarvan.

1. Om ’n “cult” te herken, moet ons kyk en luister na wat glo die groep/beweging oor Jesus. ’n Kultus sorg dat Jesus niks meer is as wat hulle leier is nie. Hulle bring altyd Jesus af na hulle vlak om te wees wat hulle almal uiteindelik wil wees. Dit sien ons by CIMI waar hulle baie uitdruklik sê dat Jesus Christus niks meer as as bloot die Eerste van baie Seuns van God, en konings van God hier op aarde nie. Hy is dus nie God die Seun soos die res van die Christelike Kerk glo nie. Hy was bloot mens, en die Eersteling van al die ander Seuns van God wat na hom sou kom. So beskou en beskryf Xander Strydom homself dan ook as Xander Christus en as seun van God. En het hy ook reeds ʼn klompie ander seuns van God geïdentifiseer om saam met hom leiding te neem in wat hulle beskou as hulle missie en boodskap aan die res van die wêreld.

2. Die tweede kenmerk van ʼn kultus is dat hulle denkwyse die enigste en enigste ware denkwyse is. Al die ander sienswyses en interpretasies van die Skrif en die waarhede van die Skrif is dus volgens hulle verkeerd en nie die waarheid nie. Net hulle en hulle alleen is reg. Net dit wat hulle leiers sê, veral dit wat Xander, as die koning, sê. Ons hoor daarom vir Xander en die ander leiers van hierdie groep sê dat wat hulle aanbied “ʼn nuwe interpretasie” is van die waarhede van die Bybel. Hulle is selfs nie net besig om die Bybel nuut te interpreter nie. Hulle is ook oortuig dat hulle “nuwe, verdere openbaring” het wat net aan hulle en Niemand anders geopenbaar is nie. Hulle beklemtoon die feit dat God altyd ʼn nuwe ding begin by ʼn klein groepie mense op ʼn bepaalde plek en tyd, en dan versprei dit oor die res van die wêreld daarvandaan. ʼn Mens wil dan vir Xander en die ander leiers terugantwoord en sê: Ja, dit is presies ook die manier hoe kultusse en sektes versprei oor die wêreld!

3. Die derde kenmerk van so ʼn kultus is dat hulle gewoonlik hulle leier verheerlik. In so ʼn kultus word ʼn man of ʼn groep leiers se interpretasie en se mening baie hoër geag en meer waar geag as enigiemand op aarde. Gewoonlik is so ʼn leier onfeilbaar. Die leier word gesien as God se enigste en baie spesiale verteenwoordiger. So hoor ons dan ook hoe Xander self vertel hoe die lede van hierdie beweging voor hom kom buig het as die koning die dag na sy egskeiding. Ons hoor ook hoe Xander van homself praat as Xander Christus. Daarom, as jy dus sou waag om hierdie leier en sy interpretasies nie te aanvaar nie of so wegdraai van hom af, sny jy jouself onmiddellik af van hierdie groep en alles wat hulle as hulle eindbestemming sou sien. Die meeste van die tyd word daar dan ook van die groepslede van so ʼn groep verwag dat hulle ook hulleself van jou, as die afgedwaalde, sou distansieer.

4. Die vierde kenmerk van ʼn kultus is dat daar ʼn klemverskuiwing is wat fondasie-leerstellings betref. So hoor ons by hierdie groep, CIMI, dat hulle totaal van die res van die Christelike kerk oor die wêreld verskil en dan hulle oortuig is dat Jesus Christus nie werklik God was wat mens geword het nie. Hulle is verder oortuig dat die Heilige Gees nie werklik God die Gees is nie. Die God van die Bybel is dus nie een God wat Homself aan ons kom openbaar het in die Bybel as God die Vader, God die Seun, en God die Heilige Gees, en dus as ʼn Drie-enige God nie.

5. Die vyfde kenmerk van so ʼn kultus is dat hulle baie keer amper hulle eie taal praat met baie spesifieke terminologie. Hulle het hierdie spesifieke terminologie wat hulle gebruik en op ʼn baie spesifieke manier interpreteer. So hoor ons ook by CIMI terme soos “saad van God”, die “christus in jou”, die herinterpretasie van die “gesalfde een”, die herinterpretasie van wat geloof sou beteken, ens. Dit klink asof hulle jou taal praat en die tipiese taal wat in die res van die Christelike wêreld gepraat word, praat, totdat jy mooi gaan luister na hoe hulle daardie spesifieke terme interpreteer en defineer. Dit is dan wat jy besef, maar ons praat glad nie dieselfde taal nie; ons bedoel glad nie dieselfde dinge nie, alhoewel ons dieselfde woorde en begrippe gebruik.

Met dit alles in gedagte, kom ons beoordeel CIMI en sy leerstellings in die lig van wat hulle oor Jesus sê en glo.

Xander is baie uitdruklik daaroor dat hulle nie Jesus beskou as God die Seun nie. Hy was bloot die eersteling of eersgeborene van baie seuns van God, van baie konings in die Koninkryk van God hier op aarde.

Soos ek reeds aangedui het, as ʼn mens na die Nuwe Testament in die besonder kyk en wat daarin oor Jesus geskryf en bely word, dink maar aan die hele boek, Johannes, Kolossense en Hebreërs, om net die spesifieke boeke in die NT te noem waar dit in die boek as geheel oor die totaal uniekheid en wese en persoon van Jesus Christus handel, dan is dit baie duidelik uit die konteks en die Grieks dat Jesus baie meer as net bloot ʼn gewone mens was en bely word.

Dink maar net hoeveel keer Jesus as kurios en Theos aangespreek en genoem word.

Dink aan alles wat Jesus gedoen het, oor Homself gesê het en wat Hy toegelaat het ander mense oor Hom sê en selfs toelaat dat mense Hom as God en Here aanbid en bely. Dan is dit baie duidelik dat CIMI se interpretasie van Jesus Christus alles leuens is.

As ʼn mens dan ook teruggaan in die Kerkgeskiedenis, dan sien jy dat van die vroegste tye, reeds in formele uitsprake en vergaderings wat gehou is om spesifiek opnuut te formuleer wat oor Jesus Christus geglo word in die kerk in die breë, sien jy reeds hoe die kerk in sy belydenisstandpunte, soos in die Belydenisskrif van Nicea, in 325 nC, reeds standpunt ingeneem het teen iemand soos Biskop Arius, wat presies dit wat CIMI deesdae bely, geglo het, naamlik dat Jesus bloot ʼn geskape mens was en dus nie God self was nie. Daarom het hierdie kerkvergadering net daar weer pertinent bely dit wat hulle geglo het die ware Kerk van Jesus se standpunt van die vroegste gemeentes was en ook in die Nuwe Testament bely word, naamlik dat Jesus Christus, en dit was hulle woorde in Afrikaans vertaal, “van dieselfde substansie was as die Vader, en dus self God was”.

Luister ʼn mens na wat CIMI oor Jesus sê, sê hulle soos Biskop Arius, dat hy bloot ʼn gewone mens was.

Kyk en luister ʼn mens na die Bybel en spesifiek die Nuwe Testament, hoor jy hoe daar oor Jesus gepraat word in terme wat Hom duidelik nie meer net gewoon mens maak nie.

Daarom sê die bekende skrywer, CS Lewis, dat as ʼn mens luister na alles wat Jesus oor Homself gesê het, en alles wat Hy gedoen het, en luister na wat ander mense oor Hom gesê en teenoor Hom gedoen het, was Jesus een van drie dinge: Of Hy was totaal van lotjie getik en iemand wat ons vandag in ʼn gestig vir sielsiekes sou plaas; of Hy was die grootste leuenaar wat ooit geleef het, want Sy woorde en Sy dade het so perfek geklop; of derdens, Hy was presies wie Hyself gesê het Hy is, naamlik self en absoluut God wat mens geword het.

Dit word verder bevestig as ʼn mens kyk na die eer wat Jesus van mense aanvaar het.

Ja, ons lees dat ons gevra word in die Woord om Jesus te aanbid soos wat ʼn mens net vir God alleen kan aanbid, en waar daar van ons gevra word om selfs te bid “in Sy Naam”, en tot Hom.

Kyk verder na alles wat Jesus gedoen het, al Sy aansprake, ja, dit wat Hom juis gekenmerk en anders gemaak het as ander mense, soos Sy alwetendheid; dat Hy aanspraak gemaak het daarop om te kan sondes vergewe; en dat Hy van ewigheid af was, ja, selfs van voor die skepping daar was.

Luister jy verder na die Name wat die Skrif en mense Hom gegee het, presies soos ʼn mens net aan God alleen sou gee, soos “Here” (kurios), en dan selfs “God” (Theos).

Ons hoor dat daar oor Hom gepraat word as Een wat skep, maar ook as die Een wat gaan Oordeel aan die einde.

In die boek, Openbaring, en in die boek, Hebreërs, in hoofstuk 1, kry ons hierdie prentjie van Jesus wat sit op die Troon van God (enkelvoud, met ander woorde, die Troon waarop net God alleen kan sit).

Enigeen wat Grieks verstaan, kan nie anders nie as om ʼn gedeelte soos Joh. 1 te lees en te weet en te verstaan dat Johannes onder die inspirasie van die Heilige Gees hier bely dat Jesus Christus God self was nie.

Luister maar self daarna en besluit vir jouself:

“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.
Hy was reeds in die begin by God.

Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ʼn enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.

In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.

Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.”

Dieselfde gebeur wanneer ʼn mens luister na dit wat Tomas daar in Joh. 20:28 sê in die Grieks:
“My Here en my God!”

Wie Grieks ken en Grieks werklik verstaan, kan nie anders as om te hoor dat hier van God gepraat word, en dat Tomas Jesus hier aanbid en eer as sy persoonlike God en Here nie.

En hoor net hoe Jesus dan self beam dit wat Tomas hier gesê het en beaam dat dit reg is wat Tomas hier bely het, as Hy vir Tomas die volgende sê:

“Toe sê Jesus vir hom: ‘Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.’”

Kyk ʼn mens verder na ʼn begrip soos dat Jesus ook “Seun van die mens” genoem word, wat ʼn baie unieke en betekenisvolle uitdrukking in beide die Ou en Nuwe Testament was.

CIMI gee nêrens rekenskap oor presies wat hierdie uitdrukking dan sou beteken in Jesus se geval nie.

Dit is ook baie duidelik vir enigiemand wat dit sou ondersoek dat in die lig van Joh. 1 byvoorbeeld, daar van Jesus as ʼn baie unieke “Seun van die mens” gepraat word, wat spesifiek gekom het om die baie profesieë hieroor in die Ou Testament, te kom vervul.

Oor die feit dat Jesus as “Seun van God” aangespreek word, en ons almal, volgens Paulus ook “seuns” genoem kan word, die volgende:

Jesus was in ʼn baie unieke sin “Seun”, want Hy was “Seun” volgens Sy natuur, in Sy wese, terwyl ons “seun”-wees, iets is wat ons deel word deur “aanneming” en wat ons toegesê word as ons in Jesus glo en Hom aanneem vir wie Hy gesê het Hy is.

Daar is dus ʼn reuse verskil tussen Sy Seunskap en ons sʼn as Sy gelowige volgelinge! Enigeen wat dit werklik verstaan, sal nie eers daaroor dink om dit te vergelyk met mekaar nie!

Wat maar net alles vir ons bevestig dat ʼn beweging soos CIMI en sy leiers nie ʼn idee het oor presies wat daar in die Skrif oor Jesus Christus en oor God bely word nie!

As ons luister na dit wat Jesus daar in Joh. 17 bid oor ʼn heerlikheid wat Hy gehad het van die begin af, voor die skepping van die wêreld, dan weet jy ons het hier met iets totaal anders te doen as dit wat CIMI bely.

Kom ons gesels oor die Jode se beskuldigings teenoor Jesus dat Hy met wat Hy daar in Joh. 8 en Joh. 10 oor Homself gesê het, Homself aan God gelyk gestel het!

Dit is duidelik juis die rede waarom hulle Jesus wou doodmaak, omdat Hy Homself gelyk gestel het en baie pertinent gesê het dat Hy self God was!

Die Griekse woord wat hulle gebruik, is dat Jesus Homself “in kwantiteit en kwaliteit een maak met God”.

Kan ek ook sommer hier die sektariese siening uitwys as net nog ‘n dwaling, naamlik dat die een God as’t ware 3 maskers gedra het, naamlik dié as Vader, en dié as Seun, en dié as Heilige Gees. Hierdie siening en verklaring is maar net nog ʼn dwaallering wat die Vroeë Kerk al van die vroegste tye verwerp het as “modalisme”. Dit wat die Bybel oor God verkondig, kan nie verklaar word met modalisme nie.

Kan ek dan opsom wat CIMI sê oor Jesus. Wat hulle oor Jesus sê, is dus niks anders as presies dit wat die Jehowa Getuies, die Mormone en die Moslems oor Jesus bely nie.

Wat glo ons dan wel oor God en oor Jesus?

Kom ons bely net weer hier baie duidelik wat ons glo oor wat God self in die Bybel oor Homself en oor Jesus aan ons openbaar:

Ons glo God is een en alleen waarlik God. (Deut. 6:4; 1 Kor. 8:6; Gal. 3:20; 1 Tim. 2:5).

Ons glo daar is een wese, God, wat Homself aan ons openbaar in die Skrifte van die Bybel as Drie Persone: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.

Die een Persoon van God is nie belangriker as die ander nie, en al drie Persone is God.

Natuurlik gaan dit ons gewone verstand te bowe om dit alles presies te verstaan en logies te kan verklaar.

Om dit presies te verstaan en presies te verklaar, moet ʼn mens self God wees om dit te kan doen.

Daarom kan ek en jy as mens, hieroor bloot bely wat ons baie pertinent in die Skrif hieroor geopenbaar sien, en hoor wat deur God self, onder die inspirasie van die Gees, aan ons hieroor geopenbaar is.

Blaai ʼn mens deur die Skrifte van die Ou en Nuwe Testament, hoor ons oor en oor hoe God Homself aan ons openbaar as een God, maar ook ʼn duidelike onderskeid maak tussen Hom as God as ʼn Vader, die Seun en as die Heilige Gees.

Ons sien verder hoe God self ʼn bepaalde orde en rol aan Homself as ʼn Vader, as die Seun en as die Heilige Gees in alles wat Hy doen en waarmee Hy besig is, gee.

(Kyk maar net weer na gedeeltes soos Joh. 1; Tomas se belydenis daar in Joh. 20:28; Petrus se uitsprake daar in 2 Pet. 1:16; Paulus se belydenis daar in Kol. 1:16 en verder in daardie brief; Fil. 2:5-11).

Dan hoor ons boonop in soveel gedeeltes van die Nuwe Testament, hoe daar van al drie hierdie Persone van God gelyktydig gepraat word en hoe hulle elkeen apart maar tog saam optree, soos daar in Mat. 3 by die doop van Jesus; Mat. 28:19; 2 Kor. 13:13.

Daarom hoor ons oor en oor deur die kerkgeskiedenis hoe gelowige kerkleiers presies dit bely wat ons hier bely, naamlik dat die God van die Bybel Homself aan ons openbaar as een God, maar ook as drie Persone.

Van hierdie belydenis is dan oor die eeue gepraat en na verwys as ons belydenis dat die God van die Bybel ʼn Drie-enige God is.

Alhoewel dit nie ʼn term is wat ons ooit in die Bybel self vind nie.

Dit was die Kerk van Jesus Christus, deur die eeue, se manier om in gewone mensetaal te probeer beskryf wat hulle in die Skrif vind wat God oor Homself aan ons openbaar.

Daarom kan ons vir ʼn groep soos CIMI sê dat, as hulle dit nie verstaan en dit nie glo nie, weet hulle nie en glo hulle nie in die God van die Bybel nie.

Hierdie belydenis oor wie die God van die Bybel is, is van kardinale belang in die manier hoe ons oor God dink, wie ons dink die God is wat ons aanbid, dien en volg.

Ja, dit is so belangrik vir ons omdat ons besef dat ons geloof en gehoorsaamheid aan hierdie God, ons lewe kan kos êrens langs die pad en boonop, ons ewige eindbestemming gaan bepaal.

Ek wil hierdie deel afsluit deur pertinent te stel dat die rede vir hierdie skrywe, soos ook my ander skrywes, is nie om mense of selfs die groep CIMI persoonlik aan te val nie. Dit gaan vir my oor waarheid en wat waar is.

In Joh. 6:29 sê Jesus die volgende:

“En Jesus antwoord hulle: ‘Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.’”

Hoor jy wat Jesus hier sê?

Hy sê dat die werk van God is nie om ons meer en meer soos Jesus te maak of in die woorde van CIMI, van ons “christusse” te maak nie.

Nee, Sy werk is dat ons in Jesus sal glo wat Hy gestuur het.

In Joh. 8:22-29 lees ons die volgende wat Jesus oor Homself sê:

“En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.

Toe sê die Jode: Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?

En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.

Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.

Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.

Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.

Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie.

En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.

En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.”

In hierdie gedeelte verwys Jesus na God wat Homself in die Ou Testament geopenbaar het as die “Ek is”.

Dit was een van die Name van God waarmee Hy Homself aan Moses geopenbaar het daar in Eks. 3 byvoorbeeld.

Met ander woorde, wat Jesus hier sê, is dat tensy mense kies om te glo dat Hy wat Jesus is, werklik die “Ek is” is, sal hulle in hulle sonde sterwe.

Dit is waaroor dit vir my hier gaan.

Dit gaan vir my daaroor om deur hierdie skrywes vir elke leier in CIMI en elke lid in hierdie Kultus te sê: Bekeer julle en glo in hierdie Jesus, anders sterf julle in julle sonde!

‘n Uitstekende beoordeling van die Christ In Me International-beweging (CIMI)

Na my artikel oor CIMI op hierdie NUWEWYN-WORDBLOG Kliek die volgende skakel na hierdie artikel van my

het ek soveel hartseerstories gehoor oor hierdie gevaarlike en leuenagtige beweging wat hulleself as ‘n “kerk van Jesus Christus” voordoen, dat ek so dankbaar is teenoor Rudolph P Boshoff vir sy uitstekende en omvattende artikel en videos oor al die leuens wat CIMI verkondig, en wat soveel mense, veral in die Gauteng en Pretoria-omgewing, so verwar en as gesinne uitmekaar ruk.

Behalwe al die leuens wat as sogenaamde Skrifwaarheid deur hierdie groep verkondig word, is die tragiese en mees gevaarlike aspek van hierdie beweging vir elkeen wat betrokke raak by hulle, die gevaar wat elkeen van hulle loop om die een of ander tyd deur hierdie groep gemanipuleer te word om te moet kies om nie verder met ‘n eggenoot/eggenote of ‘n geliefde familielid of geliefde vriend of vriendin verder ‘n pad te mag loop nie, alles onder die banier van “ter wille van die Koninkryk”.

Die teks wat hulle aanhaal om lede van hulle beweging te oortuig om weg te stap uit hulle huwelike en gesinne, is Luk. 14.

Daarom het ek nou die dag vir ‘n gesin soos volg geantwoord in hierdie verband:

“Kom ek help jou sommer om vir jouself ʼn toets-stelsel te ontwikkel om gou te bepaal of ʼn bepaalde verklaring van ʼn Skrifgedeelte die waarheid is of ʼn leuen is.

1. Onthou, die Bybel is volledig geïnspireerde Woord van God en kan dus nie met homself in stryd wees of homself weerspreek nie.
2. Daarom, moet elke gedeelte in die Bybel in konteks verklaar word – m.a.w. in die lig van die gedeelte en boodskap van die gedeelte waarin dit voorkom.
3. Daarom moet elke gedeelte in die Bybel altyd in konteks met die res van die Bybel se boodskap en ander gedeeltes in die Bybel verklaar word. Wat gewoon beteken dat as ʼn bepaalde teks so verklaar en uitgelê word deur iemand, sodat dit in stryd is met ander gedeeltes in die res van die Bybel en hulle boodskap, weet jy dat die verklaring van daardie persoon nie die waarheid is nie.

Met dit in gedagte, kom ons kyk na hierdie vers in Luk 14.

“As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.”

Die oomblik was ʼn groep soos CIMI daardie “afstand doen” begin verklaar asof dit kan beteken dat so ʼn persoon nou die reg het om hom of haarself te skei of te onttrek van hulle eie pa, ma, vrou, kinders en res van hulle familie, weet jy dat ons hier met ʼn foutiewe Skrifverklaring te make het, en dus met LEUENS te make het.

Want, net in die lig van wat in die vers self staan, hoe “skei” of “onttrek” jy jouself van jou eie lewe?

Maar verder, so ʼn foutiewe verklaring van die Skrif is ook totaal teenstrydig met wat in ander gedeeltes van die Skrif staan, soos:

Die onvoorwaardelike liefde wat God en dus Jesus self van Sy volgelinge vereis, sonder uitsondering en sonder voorwaardes. Soos Hyself daar in Joh. 13:34,35 vir ons uitspel:

34 Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.
35 As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Jesus en God se eie woorde oor die huwelik en die verbod om te skei, in die lig van die belang van die huwelik in God se oë, soos daar in Mat. 19:

“3 Daar was Fariseërs wat Hom op die proef wou stel, en hulle kom toe by Hom met die vraag: “Mag ‘n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?”
4 Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?
5 Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’
6 Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.”
7 Hulle vra Hom toe: “Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou ‘n skeibrief gee, hy van haar kan skei?”
8 Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie.
9 Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk.”

Dit wat God se Gees Paulus geïnspireer het om te skryf oor die huwelik tussen ʼn gelowige en ʼn ongelowige in bv. 1 Kor. 7:

“10 Die getroudes beveel ek-nee, nie ek nie, maar die Here-dat ‘n vrou nie van haar man mag skei nie.
11 As sy tog skei, moet sy daarna ongetroud bly of haar met haar man versoen. Net so mag ‘n man ook nie van sy vrou skei nie.
12 Vir die ander sê ek-ek, nie die Here nie: As ‘n gelowige man met ‘n ongelowige vrou getroud is en sy gewillig is om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie.
13 En as ‘n vrou met ‘n ongelowige man getroud is en hy gewillig is om by haar te bly, moet sy nie van die man skei nie.
14 Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou, en die ongelowige vrou is by God aanneemlik deur die band met die gelowige man. Anders sou julle kinders heidene wees, maar nou behoort hulle aan God.
15 As die ongelowige egter wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die gelowige man of vrou nie gebind nie. God het julle geroep om in vrede te lewe.”

(En selfs dit wat Paulus dan ag as “nie van die Here nie”, omdat God dit belangrik genoeg geag het, en dit tog deur die Gees geïnspireer is, het Hy gesorg dat dit as deel van God se Woord oor bykans 2000 jaar wel aan ons oorgelewer sou word as “Woord van God”)

Dan is daar nog al die ander gedeeltes wat gaan oor God se eise vir die huwelik, oor die verhouding tussen ouers en kinders en kinders en ouers, soos daar in Ef. 5 e.v. bv.,:

“21 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
22 Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.
23 Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk.
24 Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.
25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.
26 Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het,
27 sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik.
28 Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief,
29 want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen
30 omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is.
31 Daar staan in die Skrif: “Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.”
32 Hierin lê daar ‘n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk.
33 Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en ‘n vrou moet aan haar man eerbied betoon.
1 ¶ Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis.
2 “Eer jou vader en jou moeder” is ‘n baie belangrike gebod. En daar is nog ‘n belofte by:
3 “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”
4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.”

Hoef ek enigsins aan te gaan?

Ek dink nie so nie.

Dit behoort vir jou te help om te besef watter leuens ʼn totaal sektariese en van die spoor af-groep soos CIMI, aan sy mense verkondig.

Groetnis

Christo Nel”

Daarom wil ek enigiemand wat by hierdie groep betrokke is en wat nog oop is om te luister na kritiek, of enigiemand wat iemand anders ken wat self betrokke is by die groep of wat ‘n geliefde het wat betrokke is by hierdie groep, met al die erns wat ek het vra om asb., na die volgende webblad te blaai en die artikel en videos van Rudolph P. Boshoff te gaan lees en kyk.

Hier is die skakel daarheen:

<a href="http://adlucem.co/theology-christ-international-evaluated-ps-rudolph-p-boshoff/

Die week met die Woensdag wat die geskiedenis verander het

Die meeste Christengelowiges herdenk die gebeure gewoonlik van die Vrydag af. Goeie Vrydag noem hulle dit. Maar in werklikheid het dit die Woensdag reeds gebeur. Nie dat dit soveel saak maak nie, want dit is mos maar net ʼn dag waarop ons dieselfde gebeure herdenk. En dit is immers die gebeure waaroor dit alles gaan…

Hierdie week bied volgelinge van Jesus die Christus oor die wêreld maar net weer die geleentheid en voorreg om saam met ander familielede en ander Christengelowiges stil te word rondom ʼn week se gebeure in Jesus se lewe as mens wat elkeen van ons se lewens verander het. Eintlik het die die totale geskiedenis van die hele wêreld verander, al verstaan sowat twee-derdes van die wêreld se bevolking dit nog nie.

DIE SONDAG

Voor ek met jou gesels oor daardie Woensdag se gebeure, kom ons begin in ons nadenke reeds by die Sondag se gebeure. Palmsondag, soos daarna in die kerklike wêreld verwys word.

Dit was die dag waarvan Lukas 19 en Johannes 12:12 en verder ons vertel. Jesus het Jerusalem, die stad van koning Dawid, binnegery op ʼn donkie.

Soos voor ʼn koning van destyds, het die skare klere en palmtakke voor hom neergegooi om aan Hom eer te betoon as die koning uit die geslag van Dawid. Alles presies soos die profesieë – soos Sag. 9:9 en Dan. 9:25 –27 – eeue tevore voorspel het sou gebeur.

Volgens Eksodus 12 moes die lam vir die Pasga wat later die week gevier sou word, gekies word op die tiende van die eerste maand van die jaar. Volgens die gebruik in Jesus se tyd, was alleenlik lammetjies van Bethlehem geskik geag om as ’n lam vir die Pasgaviering te dien. Daarom, op daardie spesifieke Sondag, is ’n lam wat gebore is in die Bethlehem-distrik gekies en in Jerusalem ingebring van die Olyfberg se kant af deur die Skaappoort. Presies dieselfde pad wat Jesus die betrokke Sondag Jerusalem binnegekom het op Sy triomftog.

Soos wat Hy ingekom het, het die mense geskreeu: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Red ons, Seun van Dawid! So is Jesus uit Nasaret met groot akklamasie aangewys as die langverwagte Messias van Israel en het die skare hulle lam vir die Pasga gekies!

Die lam moes eers deur die geestelike leiers ondersoek word, want – leer die Torah – dit moes sonder gebrek en vlekloos wees om geskik te wees om as lam vir die Pasga geslag te word. Daarom lees ons ook hoe Jesus, na Sy intog in Jerusalem in, eers na die tempel toe gegaan het om daar te leer. Terwyl Hy daar was het die Fariseërs, Sadduseërs en ander wetsgeleerdes gekom en met allerhande moeilike vrae Hom probeer uitvang en as ’n leuenaar probeer uitwys. Maar hulle kon geen fout by Hom vind nie.

Dit alles het gebeur, volgens ons beste navorsing, op 6 April 32 n.C. – gebaseer op die ou Julius Kalender (of sogenaamde “maan-kalender”) en nie die huidige Gregoriese kalender (wat sedert 1582 gevolg word en wat gebaseer is op die beweging van die son) nie.

DIE MAANDAG

Die Maandag van die week waarin die pasga gevier moes word, moes elke vorm van gis as simbool van kwaad uit elke huis verwyder word volgens die instruksies van die Torah. Daarom het elke Joodse moeder met ’n kers in haar huis rondgesoek vir enige vorm daarvan.

Daarom het Jesus juis daardie Maandag na die tempel as huis van God gegaan en toe al die geldwisselaars daar uitgejaag (Luk. 19:45 e.v.).

DIE DINSDAGAAND

Omdat Jesus en sy dissipels nie in Jerusalem self was nie maar in Betanië, ’n klein dorpie net buite Jerusalem, was dit toelaatbaar dat hulle ’n dag vooraf die voorbereiding kon doen en die Pasgamaal kon vier. (Lukas 22:14 e.v.; Matteus 26:17-35; en Johannes 13:36-38 vertel ons daarvan).

Later daardie aand word Jesus gevange geneem in die tuin van Getsemane wat lê op die pad van Betanië na Jerusalem toe (Mat. 26:36-46; Luk. 22:39-53).

DAARDIE WEEK HET TWEE SABBATTE GEHAD

Dit is baie belangrik om te onthou dat die week waarin die Pasga gevier is soms twee Sabbatte kon hê as die Pasga êrens in die middel van die week val. Die jaar 32 n.C., volgens die Joodse kalender, was juis so ʼn jaar. Daarom vind ons dan dat hulle in so ʼn week ’n spesiale Sabbat, die dag na die Pasgamaal die vorige aand gevier het, want volgens die Joodse feeskalender word die eerste dag van die “fees van die ongesuurde brood” as ’n Sabbat gevier.

Later die week word die gewone Sabbat op die sewende dag van die week soos gewoonlik gevier.

Soos ek gesê het, die week toe Jesus gekruisig is, was dit juis so.

Kom ek begin om in die lig hiervan vir jou die res van die gebeure daardie week kronologies te plaas.

DIE WOENSDAGOGGEND OM 06H00

Volgens die Joodse kalender daardie betrokke jaar (32 n.C.) moes die “dag van voorbereiding” met die oog op die Pasgamaal daardie Woensdag, 9 April , voor 18h00 plaasvind.

 Jesus, ons volmaakte Pasgalam sonder gebrek, moes voorberei word om geslag te word en te sterf in ons plek. Alles gebeur daardie Woensdagoggend reeds om 06h00 toe Jesus deur Pilatus verhoor en gevonnis is (Joh. 19:13-16).

DIE WOENSDAGOGGEND OM 09H00

Gelyktydig met die gebeure in die tempel daar in Jerusalem, toe die Hoëpriester die gekose lam vir die betrokke Pasga vasgemaak het aan die horings van die altaar, op die veertiende dag van die Joodse maand, Nissan, word Jesus op Golgota vasgespyker aan ʼn kruis.

15H00, DAARDIE WOENSDAGMIDDAG

Na ʼn skielike sonsverduistering van drie ure van 12h00 daardie middag af, gelyktydig met die tyd wat die lam in die tempel keelaf gesny en geslag word (volgens Eksodus 12:6), sterf Jesus 15h00 daardie Woensdagmiddag (Mat. 27:45 e.v.)

Na drie ure van “hel” kon Hy sê: “Dit is volbring” en Sy asem finaal uitblaas.

Alles wat nodig was om te gebeur om sondevergiffenis moontlik te maak was gedaan. Die oorwinning is behaal en daarom kon Hy met vrede Sy lewe oorgee aan die Vader.

Nou kan ek en jy in geloof met vrymoedigheid en sekerheid sê: Ek is deur die Bloed van die Lam uit die hande van die vyand verlos!

Maar selfs baie meer as dit het gebeur daardie oomblik.

Matteus vertel ons daarvan in hoofstuk 27 vers 51 en verder.

Dit was asof God die Vader uit die hemel die mense van destyds wou help om te verstaan dat wat hier gebeur het van kardinale belang was. Die geskiedenis van die wêreld het werklik met hierdie gebeure verander!

Om die kollig voluit te laat val op presies wat op daardie oomblik gebeur het, neem God met Sy eie hande die heiligste van heiligste voorwerpe vir die Jood van destyds, naamlik die dik gordyn wat die Heilige van die Allerheiligste in die tempel geskei het, en skeur dit van bo na onder! Daardie gordyn waardeur die hoëpriester net eenmaal per jaar kon stap na die Allerheiligste gedeelte toe! Skielik was daar geen skeiding na daar waar God in Sy heilige teenwoordigheid self gesit en wag het om met Sy mense te praat nie.

Om verder te beklemtoon wat hier gebeur het, gebruik God as’t ware alles wat Hy het om die gemeenskap vir weke en jare aan die praat te hou oor hierdie gebeure. Skielik was daar boonop ʼn aardbewing wat grafte laat oopgaan het. Gelowiges wat die afgelope tyd gesterf en begrawe is, het skielik lewend uit die grafte gekom en in die strate van Jerusalem begin rondstap vir almal om te sien en mee te gesels!

Dit was asof God net hiermee wou sê: Hierdie is ʼn totaal nuwe begin. Die ou verbond met al sy dinge is verby. ʼn Nuwe verhouding met My is nou moontlik.

Alles waaraan die Ou Verbond, met al sy feeste en wette, julle wou herinner en soos padwysers julle na My toe wou lei, is nou alles hier. Dit het sy doel gedien. Voortaan sal die wette net dien om ongelowiges te oortuig dat hulle sondaars en totaal verlore is en om hulle finaal te herinner aan Jesus Christus wat gekom het as die Messias en Lam van God, wat juis hierdie week moes sterf soos die paaslam al die vorige jare.

VROEGAAND, VOOR 18H00, DAARDIE WOENSDAG

Met die Pasgaviering wat na 18h00 moes plaasvind en die sabbatsrus wat voorlê, moes die gelowige volgelinge van Jesus Sy liggaam van die kruis afhaal en gaan neerlê in die graf wat Josef van Arimatea daarvoor geskenk het. Markus 15:42 en verder vertel ons daarvan. (Moenie verlei word deur die Nuwe Afrikaanse vertaling van “Dit was Vrydag” nie. Dit staan nie in die Grieks nie. Gaan lees maar in die 1953-Afrikaanse vertaling of in die NIV wat presies in die oorspronklike Grieks staan).

DRIE DAE IN DIE GRAF

Volgens die Skrif en die profesieë sou Jesus drie dae en drie nagte in die graf wees.

Hy was dus daardie spesiale Sabbat (of eerste dag van die “fees van die ongesuurde brood”) daar – wat gestrek het van die Woensdagaand 18:00 tot Donderdagaand 18:00); gevolg deur die Vrydag (wat gestrek het van die Donderdagaand 18h00 tot die Vrydagaand 18h00); en dan ook vir die normale Joodse Sabbat (van die Vrydagaand 18:00 tot die Saterdagaand 18:00).

HY HET OPGESTAAN

Vroeg daardie Saterdagaand na 18:00, met die aanbreek van die Joodse eerste dag van die week, staan Jesus uit die dood op na drie dae in die graf. Presies hoe laat dit was, weet ons nie, want dit word nie vir ons gesê nie.

Jesus het immers self profeties verklaar dat Hy gekruisig gaan word, gaan sterf, vir drie dae in die graf gaan wees en dan weer gaan opstaan.

So kom talle ander profetiese gedeeltes ook hiermee in vervulling, naamlik Hos.  6:1,2; en die teken van Jona (Mat. 12:40).

Daardie Saterdagaand het die priester, volgens die Joodse feeskalender, ook die “eersteling-gerf” van die oes voor God gewuif om so die nuwe oes aan God te wy (Lev. 23:10-11). Daarom word die opgestane Jesus ook die “eersteling’ daar in 1 Kor. 15:20-23 genoem word.

VROEG DIE SONDAGMÔRE

Vroeg daardie Sondagmôre, 12 April 32 n.C., ontdek Maria Magdalena en die ander Maria, en later ook van die ander dissipels, dat Jesus Christus opgestaan het soos Hyself gesê het gaan gebeur (Mat. 28:1 e.v.).

Daarom kan ons saam met die gelowiges oor die eeue sê: Halleluja, ons dien waarlik ’n lewende Here! (1 Kor. 15). Jesus Christus het werklik opgestaan en Hy lewe.

Anders as alle figure wat in ander godsdienste aanbid word, dien ons ʼn lewende, opgestane Here. As Hy nie werklik opgestaan het nie, was ons geloof as Christengelowiges tevergeefs.

SKIELIK WORD DIT DIE WEEK WAT DIE GESKIEDENIS VAN DIE WÊRELD VERANDER HET

Wie stil staan by die realiteite van hierdie week se gebeure, kan nie anders as om vir die eerste keer of by hernuwing oor Jesus en wie Hy werklik was na te dink nie.

Wie was Jesus van Nasaret werklik? Was Hy net ʼn doodgewone mens wat van 11 September 3 v.C. tot 9 April 32 n.C. gelewe het? Wat dan van al die merkwaardige dinge wat Hy gesê het en wat Hy gedoen het? Wat van die feit dat alles wat Hy selfs oor Sy dood gesê het presies so gebeur het? Hy het selfs gesê dat Hy na drie dae sou opstaan uit die dood…

Was Hy maar net ʼn buitengewone man, of profeet, soos sommige Hom wil beskryf?

Dit kan mos nie wees as die gebeure werklik so gebeur het soos ek jou vertel het nie.

As Hy nie werklik uit die dood opgestaan het nie, was Hy ʼn leuenaar en kon Hy nie werklik ʼn ware profeet wees nie. Wat boonop nog van die feit dat Hy aanspraak daarop gemaak het dat Hy God is wat mens geword het!

Wie werklik erns maak en eerlik wil wees in die lig van die feite, kan nie net sê Hy was ʼn buitengewone goeie man of profeet nie. Óf Hy was die grootste leuenaar en psigopaat wat nog oooit geleef het, ó Hy was wie Hy gesê het Hy is, naamlik God wat mens kom word het om ons finaal te verlos. Die Verlosser wat gekom het sodat elkeen wat in Hom glo, lewe kan hê en dit in oorvloed.

MY CHANNEL op YOUTUBE

Soos ek belowe het, het ek die afgelope week die laaste video van my DVD-opleidingsreeks, JESUS, DIE DOPER MET DIE GEES, ook op MY CHANNEL op YOUTUBE gepubliseer.

Jy kan nou al twee die videoreekse wat ek vrygestel het om God se mense vir bediening toe te rus, daar gaan kyk.

Hier is die skakel na MY CHANNEL op YOUTUBE waar jy hierdie twee reekse, plus nog ʼn hele aantal ander video’s, kan gaan kyk.

https://www.youtube.com/user/christonel1

Natuurlik sal jy internet-toegang en -data nodig hê om dit te kyk.

Vir diegene wat dit nie het nie, of wat dit dalk wil gebruik in hulle sel- of huisgroep vir toerusting, kan al twee die reekse natuurlik by my bestel word teen die verlaagde pryse waarvoor ek deesdae al my toerustingsmateriaal verkoop – omdat ek nie geld wil maak uit julle uit nie, maar eerder dit net by julle wil uitkry om ook jou en jou geliefdes daarmee te “bless”.
HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM – bestaan uit ʼn reeks van 3 video’s met 9 sessies op, wat R120 vir die hele reeks (plus posgeld ekstra) kos.

JESUS, DIE DOPER MET DIE GEES – bestaan uit ʼn reeks van 4 video’s met 8 sessies op, wat R150 (plus posgeld ekstra) kos.

Jy kan dit via epos by my bestel by nchristo@lantic.net of telefonies via my sel by 082 770 2397.

Die oudio- en video-sessies tydens die KINGDOM COME-konferensie

Ek het laas vir julle vertel dat ek en Hetta die voorreg gehad het om ‘n drie-dag-konferensie van Bethel-gemeente in Redding, van Bill Johnson en Paul Manwaring, in Midrand, SA, by te woon.

Watter belewenis was dit nie!

Behalwe vir honderde bonatuurlike genesings en wonderwerke, het die Here met ons gepraat deur die mees merkwaardige lering in 7 sessies.

Nou is my geskenk aan jou dat jy al hierdie sessies of op video of in oudio kan gaan GRATIS aflaai van die Net af.

Hier is die webblad waar jy dit kan kry. Blaai net af na KINGDOM COME en daar sal jy dit kry.

www.Breakthrulife.co.za
http://www.breakthrulife.co.za/kingdom-come-video-sessions